Klaslose samelewing

Klaslose samelewing verwys na 'n samelewing waarin niemand in 'n sosiale klas gebore word nie. Onderskeidings in terme van rykdom, inkomsteonderwys, kultuur, of sosiale netwerk mag later ontstaan en word slegs deur individuele ervaring en prestasie binne so 'n samelewing bepaal.

Codere omskryf sosiale klas as 'n segment van die gemeenskap waarvan die lede 'n gemeenskaplike sosiale in 'n hiërargiese orde beklee.[1] Codere beweer dat 'n samelewing wat op grond van klas georganiseer word, een is waarin die hiërargie van prestige en status in groepe verdeel kan word, elkeen met sy eie sosiale, ekonomiese, kulturele eienskappe en ingesteldhede, en elkeen met verskillende grade van seggenskap in gemeenskapbesluite.  Hierdie struktuur word egter selde by klassegeorganiseerde samelewings gesien, en impliseer dat 'n klaslose samelewing dalk beter mag wees.

Aangesien geboorteklas meestal 'n bepalende invloed op lewensloop het, stel voorstanders van 'n klaslose samelewing (bv. anargiste, kommuniste) verskeie middele voor om so 'n samelewing stand te bring en in stand te hou. Verder heg hulle wisselende grade van belangrikheid daaraan as 'n doel in hulle algehele programme/filosofie.

  1. Codere, H.. (1957).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search